Kaapstad verbied straatplakkate van Sex Expo na klagtes

Die Stad Kaapstad het verskeie straatplakkate van die Sex Expo verbied nadat bepaal is die kunswerk is te uitlokkend. Die jaarlikse Sex Expo word van Donderdag by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gehou. Die geleentheid, bekend vir sy speelse en astrante plakkate, het teenkanting van die publiek uitgelok wat tot die verwydering van sekere plakkate gelei het. Soortgelyke besware is verlede jaar geopper wat die verwydering van halfnaak-plakkate genoodsaak het. Die Sex Expo het ‘n ouderdomsbeperking van 18 jaar en duur tot 30 Junie.