Kaapstad tevrede met jongste ouditverslag

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsiale regering is tevrede met die ouditeur-generaal se 2021-2022-ouditverslag oor plaaslike regering. Slegs 38 uit 257 munisipaliteite landswyd het skoon oudits ontvang teenoor 41 die vorige jaar. Van die 38 skoon oudits is 23 van munisipaliteite wat deur die DA beheer word. Wenger sê die Wes-Kaap het weer die res van die land uitgestof met 21 DA-munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het: