Kaapstad stel bobbejaan-strategie bekend

Die Kaapse Skiereiland Strategiese Bobbejaan-bestuursplan, soos goedgekeur deur die omgewingsake-minister, Barbara Creecy, is aan die publiek bekendgestel. Mense word aangemoedig om met die departement in gesprek te tree oor die plan, wat fokus op volhoubare bobbejaanbestuur. Ná uitgebreide gemeenskapskonsultering sal die plan in samewerking met gebiede wat geraak word, geïmplementeer word. Volgende jaar sal die span met dié gemeenskappe saamwerk, en sal ‘n bobbejaan-adviesgroep vir strategiese implementering ook in die lewe geroep word.