Kaapstad skryf 55 000 boetes uit tydens langnaweek

Die Stad Kaapstad se Verkeersdiens, Metropolisie en Wetstoepassingsdepartemente het 358 verdagtes gearresteer en meer as 55 000 boetes uitgereik tydens die weeklikse wetstoepassingsoptredes. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het oor die langnaweek meer as 2 900 noodoproepe hanteer wat klagtes oor 194-gevalle van fisieke aanranding ingesluit het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê beamptes het deur die langnaweek gewerk om mense in nood op die stad se paaie by te staan en om ‘n veiliger omgewing te verseker: