Kaapstad se uitsettings onwettig: GOOD Party

Die GOOD Party in die Wes-Kaap sê wetstoepassingsbeamptes van die Stad Kaapstad voer onwettige uitsettings uit sonder hofbevele of in die teenwoordigheid van die Balju van die Hof, soos deur die wet vereis. Die party het onlangs berigte ontvang van inwoners van stadsbehuising en mense wat in agterplase in Uitsig, Athlone, Hanoverpark en Elsiesrivier woon, dat hulle sonder vooraf kennis uit hulle huise gesit word. ʼn Woordvoerder van die GOOD Party, Suzette Little, sê blykbaar word inwoners nie alternatiewe behuising aangebied nie.