Kaapstad se Booi sê hy is onregverdig geskors
Kaapstad se geskorste burgemeesters-komiteelid vir menslike nedersettings, Malusi Booi, beweer burgemeester Geordin Hill-Lewis het hom onregverdig geskors na deursoeking en beslaglegging in sy kantoor. Hy is reeds twee maande uit sy amp en sê die polisie het hom steeds nie van beweerde bedrog en korrupsie aangekla nie. Booi het gesê hy hoop om sy werk terug te kry nadat die ondersoeke afgehandel is. Hy sê die aantygings teen hom is ongegrond.