Kaapstad se bobbejaan-veldwagters reg vir feestyd
Die Stad Kaapstad bevestig veldwagterdienste vir bobbejane is vanaf die eerste van volgende maand dwarsdeur die feestyd beskikbaar. NCC Environmental Services sal bobbejaanbedrywighede monitor en die diere verhinder om bewoonde gebiede binne te gaan. Weens beperkte befondsing sal minder veldwagters aan diens wees en inwoners en ondernemings word versoek om afval verantwoordelik te bestuur en waaksaam te bly. Die stad kyk ook na langtermyn oplossings vir die hantering van stedelike bobbejaanbevolkings.