Kaapstad sal 7 keer meer bestee om rioolstorting te keer
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad het ‘n sewe-voudige begrotingsverhoging goedgekeur om pompstasies op te gradeer en beskerming teen beurtkrag en onwettige storting in die rioolstelsel te bevorder. Hill-Lewis sê groot kapitaalbegroting-verhogings vir rioolpompstasies word beplan onder die burgemeesters-prioriteitsprogram vir water en sanitasie, vanaf 70 miljoen Suid-Afrikaanse rand in 2022, tot 400 miljoen rand in 2024 en 500 miljoen rand in 2025.