Kaapstad roer met maatskaplike behuising

Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle gaan grond beskikbaar stel vir die grootste ontwikkeling ooit van maatskaplike behuising in die middestad. Hy sê die perseel langs die Pickwick-pad in Soutrivier is die grootste stuk grond wat onder die burgemeester se prioriteitsprogram vrygestel word. Hill-Lewis sê dit sal ongeveer 1 800 behuisingsgeleenthede bied wat 840 maatskaplike-behuisingseenhede en 960 eenhede op die ope mark insluit.