Kaapstad open winterhulp-program

Die Stad Kaapstad moedig geregistreerde organisasies sonder winsbejag, soos skuilings en diegene wat met haweloses werk, aan om aansoeke in te dien vir die stad se wintergereedheidsprogram. Die program duur vanjaar van 29 April tot 31 Oktober. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die program laat die stad toe om organisasies wat skuiling aan haweloses bied, te ondersteun deur hulle beskikbare hulpbronne aan te vul.