Kaapstad maak riviere skoon voor reënseisoen
Die Stad Kaapstad se water- en sanitasiespanne is die afgelope maande hard aan die werk om kanale, riviere en damme skoon te maak terwyl die winter in aantog is. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hulle het in die 2022-2023 boekjaar 75 miljoen Suid-Afrikaanse rand begroot vir die onderhoudsplan om die rivierstelsel skoon te maak ter voorbereiding van die winter:
Namibië het regoor die land waar rivierlope is, dieselfde uitdagings en in die hoofstad, is stormwaterkanale en meer oor erg besoedel. Die stigter van die Kamer van die Omgewing dr. Chris Brown het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ongeveer 40 ton menslike afval daagliks in rivierlope in en om die hoofstad beland.