Kaapstad loods teen-TB veldtog

Kaapstad sê Maart is TB-bewustheidsmaand en daarom gaan hy op die bewusmaking van toetsing vir tuberkulose fokus. Vanjaar se tema is Ja, ons kan TB wen, en dit val saam met Wêreld-TB-dag op die 24ste van volgende maand. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê TB is meer as ʼn dekade lank die grootste oorsaak van sterftes in die Wes-Kaap: