Kaapstad lei weer, beste in Afrika met water, sanitasie

Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie is aangewys as Afrika se eerste leier-nutsdiens in die wêreld. Daar is twee vereistes om hiervoor in aanmerking te kom. Eerstens, uitstaande prestasie en vernuwing in minstens drie aspekte van nutsdiensbestuur; en tweedens, ambisie om hierdie prestasie in die toekoms voort te sit. Zahid Badroodien van die stad sê die direktoraat stel ‘n tien-jaar-kapitaalprogram van 50 miljard Suid-Afrikaanse rand in om watersekerheid, waterbesoedeling en basiese dienste aan te spreek: