Kaapstad kry ses robbe met steekwonde

Die Stad Kaapstad sê hy is vasbeslote om te verseker dat die mense wat ses Kaapse pelsrobbe doodgemaak het die volle mag van die reg ervaar. Die robbe het ter see steekwonde opgedoen en het op Langstrand by Kommetjie uitgespoel, nadat hulle vermoedelik weens die trauma van hul wonde verdrink het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê dit is nodig om ‘n gepaste voorbeeld te stel, sodat dié sinnelose wreedheid teenoor seediere nie weer gebeur nie: