Kaapstad gereed vir matrieks wat stad wil rooi verf

Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê dis op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om die gedrag van matrikulante, wat hul eksamen-uitslae dié naweek gaan vier, te monitor. Matrikulante het vanoggend hul uitslae ontvang na dit deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak is. Daar word verwag dat baie van dié jongmense die stad die naweek gaan rooi verf om hul uitslae te vier. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad…