Kaapstad doen alles om bendegeweld aan te spreek

Die Stad Kaapstad sê hy doen alles in sy vermoë om bendegeweld te beëindig. Dit sluit geslotekringtelevisie en opsporing van geweerskote in. Bendegeweld het verlede Saterdag in Manenberg uitgebreek toe The Americans, Clever Kids en Hard Livings-bende op mekaar losgebrand het. Drie mense is dood en nóg drie is ernstig gewond. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê, gemeenskappe op die Kaapse Vlakte kan nie voortgaan om in vrees te leef nie: