Kaapstad bied beloning aan in verband met vandalisme

Die Stad Kaapstad sê vandalisme is steeds ‘n uitdaging vir die spanne wat oor die metro heen dienste probeer lewer. Dit volg nadat vandale infrastruktuur by die ‘n rioolpompstasie in Houtbaai, beskadig het. Zahid Badroodien van die stad sê ‘n beloning van tot 5 000 Suid-Afrikaanse rand is uitgeloof vir enige inwoner wat voorvalle aanmeld of inligting verskaf in verband met die diefstal en vandalisme van water-en-sanitasie-infrastruktuur en wat tot ‘n suksesvolle inhegtenisneming of terugkry van gesteelde toerusting lei.