Kaapstad betaal nou kontant vir krag  

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig die stad kan nou betaal vir krag wat na die plaaslike kragnetwerk ingevoer word. Ondernemings en mettertyd ook inwoners, sal kontant ontvang vir die verkoop van hul oortollige krag aan Kaapstad se netwerk. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie die stad vrygestel het van mededingende bodprosesse wat nie vir die komende energierewolusie ontwerp is nie. Hill-Lewis sê die verkoop van oortollige krag sal bydra tot Kaapstad se doelwit om binne drie-jaar beskerming teen vier-fases van beurtkrag te bied.