Kaapstad berei voor vir ‘n besige 2023

Die Stad Kaapstad maak gereed vir ‘n besige jaar vol geleenthede, insluitende ‘n aantal belangrike internasionale pronkstukke. Afgesien van die Netbal Wêreldbeker in Julie vanjaar, die eerste keer in Afrika, is ander internasionale vrouebyeenkomste op pad na Kaapstad. Die Vroue T20 Wêreldbeker begin op die tiende van vandeesmaand en Kaapstad is een van drie gasheerstede. ʼn Woordvoerder van die stad, JP Smith, sê hulle sit ook hulle jarelange verbintenis met die Sonskyn Vrouegholfreeks voort: