Kaapstad assesseer nog omvang van skade na oorstromings

Die Stad Kaapstad sê sy multidissiplinêre rampspanne bly gereed totdat die ergste weer en die uitwerking daarvan hanteer is. Meer as vier-duisend mense is dakloos gelaat en sowat een-duisend huise is vernietig nadat swaar reën die naweek oorstromings veroorsaak het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle gaan voort met assessering om die aard en omvang van humanitêre hulp wat nodig is, te bepaal: