Kaapse polisie arresteer amper 4 500 in eerste kwartaal van ’23

Die Kaapstadse metro sê die metropolisie en departemente van wetstoepassing maak goeie vordering in hul poging om ongelisensieerde vuurwapens van die strate te verwyder. Meer as 4 455 mense is in die eerste drie maande van die jaar in hegtenis geneem en beslag is gelê op 56 vuurwapens, 986 patrone en 24 000 eenhede dwelms. JP Smith van die stad sê die syfers is ‘n bewys van die werk wat op daaglikse basis gedoen word, gewoonlik ten koste van die personeel wat daarby betrokke is: