Kaapse patrollievaartuig gaan seerowery vasvat

‘n Kaapse skeepsbouer het ‘n patrollievaartuig bekend gestel ná ‘n verhoogde interkontinentale vraag na maritieme verdediging en sekerheidsoplossings weens ‘n styging in gevalle van seerowery en gewapende konflikte. Paramount Maritime is ‘n filiaal van die wêreldwye lugvaart- en tegnologie-onderneming, Paramount Group. Sy jongste 35-meter ballistiese patrollievaartuig is vanaf die Elliot-kom in die Kaapstadse hawe gelanseer. Die ‘MV Meedoi’ is ‘n byderwetse vaartuig, beplan vir gebruik in ultramoderne sekerheid- en patrollie-operasies in die Golf van Guinee.