Kaapse metropolisie se magte moenie beperk word nie

Die Stad Kaapstad sê hy is ontsteld oor die jongste poging om in te meng by die goeie werk wat die metro-polisiedepartement en ander wetstoepassingsagentskappe doen. Die nasionale regering se jongste voorstel is dat wetstoepassingsdienste in stede se magte beperk word tot stadsverordeninge en verkeersdienste. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê dit beteken hulle sal nie langer ʼn rol speel in misdaadvoorkoming soos ʼn hele afdeling van die nasionale konsepbeleid oor die onderwerp voorskryf nie: