Kaapse kinders moet beveilig word

Action Society doen ‘n beroep op die regering om dringend in te gryp en die stygende bendegeweld in brandpunte soos Manenberg en Khayelitsha in die Wes-Kaap aan te pak. Dit volg ná ‘n berig oor 333 kinders wat binne slegs 6 maande behandel is vir vuurwapenverwante beserings en 58 wat in skietvoorvalle dood is. Kaylynn Palm van die organisasie vra vir beslissende optrede om bendegeweld uit te roei en die veiligheid van kinders in gebiede wat geraak is, te verseker: