Kaapse hidropomp-opgaarstelsel word opgeknap vir beurtkragbeskerming

Kaapstad se burgemeesterskomitee beveel aan dat die stadsraad ‘n belegging van 107-miljoen-rand oor die volgende paar jaar goedkeur om die Steenbras-hidropomp-opgaarstelsel op te knap. Die stelsel van 180-megawatt bied tans beskerming gelyk aan twee fases beurtkrag waar moontlik. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê al Kaapstad se inwoners trek regstreeks of onregstreeks voordeel uit die stad se kragopwekkings-bestuur en beskerming teen beurtkrag: