Kaapse blitspatrolllies moet aandag kry

Action Society vra polisiebestuur in die Wes-Kaap om aandag te gee aan die kommerwekkende kwessies waarmee blitspatrollies te kampe het. Die organisasie sê lede moet hulle eie selfone gebruik weens stukkende tweerigting-radios, wat spesialis-eenhede blootstel in bendegeteisterde gebiede. Hulle eis onmiddellike opgradering van die verouderde radiostelsel. Ian Cameron van Action Society kritiseer bestuur vir sy versuim om aandag te gee aan die kwessies ondanks vroeëre waarskuwings. Hy beweer die minister van Polisie, Bheki Cele, se gebrek aan optrede bedreig polisielede se lewens: