Kaap Verde ook nou malaria-vry

Die Wêreldgesondheidorganisasie het Kaap Verde malaria-vry verklaar, wat dit die derde Afrika-land maak wat dié status kry. Teen die agtergrond van die voortgesette malaria-uitdaging op die vasteland, met ‘n beraamde 608 000 sterftes en 250 miljoen infeksies in 2022, is die prestasie geprys deur die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti. Moeti sê, Kaap Verde se sukses onderstreep die vordering wat gemaak word in die stryd teen malaria.