Kaap presteer ekonomies ten spyte van uitdagings

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê ten spyte van die wêreld-ekonomie se toestand ná Covid-19 sien hulle steeds dat werkskepping en ekonomiese groei verbeter. Sy het hierdie week die Munisipale Ekonomiese Oorsig en Vooruitsig vir 2023-24 in die Wes-Kaapse provinsiale parlement voorgelê. Wenger sê die vooruitsig weerspieël die provinsie se aanpasbaarheid en veerkragtigheid in tye van veranderende ekonomiese denkrigtings: