Kaapse brandbestryders steeds op die toneel by parlementJanuary 3, 2022

Brandbestryders was vanoggend steeds op die toneel by die parlementêre kompleks in Kaapstad om seker te maak die brand wat gister uitgebreek het, vlam nie weer op nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê sekere dele is nog warm, aangesien die hitte vasgevang is. Die spanne verseker nou ventilasie in die geboue, terwyl die brand en smeulende dele reeds onder beheer gebring is. Smith sê groot dele van die Nasionale Vergadering is deur die brand, water, hitte en rook verwoes. Spanne wag op struktuur-ingenieurs en forensiese deskundiges vir ‘n volledige raming.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *