Jy kan steeds stem, maar nie landswyd nie
Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat ‘n groot aantal mobiele stemlokale, meesal in die noordelike streke, en ‘n paar vaste stemlokale vandag en môre oop sal wees vir diegene wat nog nie kon stem nie. Die vaste stemlokale sal van 07:00 tot 21:00 oop wees. Die enigste mobiele stemlokaal in die Khomas-streek wat sal oop wees is die TransNamib-saal in die Windhoek Wes kiesafdeling, ook van 07:00 tot 21:00. Die betrokke vaste stemlokale in die Khomas-streek, wat elk duisende ekstra stembriewe gekry het, is in die Katutura Sentraal kiesafdeling en die Moses Garoeb kiesafdeling. Vaste stemlokale in die Rehoboth Stedelike Oos kiesafdeling in die Hardap-streek en die Oshakati Oos kiesafdeling in die Oshana-streek sal ook oop wees.