Jy kan nou geld verdien deur speletjies te speel

Die jong Suid-Afrikaanse speletjie-tegnologie-onderneming, Skrmiish, maak weer wêreldwyd nuus. Die maatskappy gaan in vennootskap met ander speletjie-reuse dit vir spelers moontlik maak om geld te verdien uit die ure wat hulle speel. Die besturende direkteur van Skrmiish, Chris Heaton, sê die vennootskap is ‘n deurbraak en sal spelers in staat stel om geld te maak uit hulle eie geleenthede binne die spel. Hy sê Skrmiish, wat in Kaapstad ontwikkel is, is die wêreld se eerste toepassingsgedrewe gemeenskapspeletjie-platform wat sedert sy bekendstelling verlede jaar nou meer as 100 000 keer afgelaai is.