Jy kan nie net jou land liefhê as jy wen nie – Biden

Amerikaanse president Joe Biden het belowe om ‘n vreedsame en ordelike oorgang na sy Republikeinse opvolger, Donald Trump, te verseker. “Ons aanvaar die keuse wat die land gemaak het,” het die Demokraat gesê en herhaal dat hy glo “jy kan nie jou land liefhê net wanneer jy wen nie”. Biden het ook vise-president Kamala Harris gesalueer as ‘n vennoot en ‘n amptenaar in diens van die publiek wat ‘n inspirerende veldtog gevoer het nadat hy teruggetree het. Sy eerste openbare opmerkings ná Dinsdag se verkiesing is in die Withuis se Roostuin gemaak. Luister self.