Jy kan nie alleen met jou kind oorgrens reis nie

Ouers van minderjarige Namibiese kinders wat alleen met hulle oorgrens reis, het die geskrewe toestemming van die ander ouer nodig. ‘n Polisieverklaring moet deur die afwesige ouer voorsien word met al die nodige besonderhede sowel as ‘n afskrif van die kind se geboortesertifikaat sowel as albei ouers se ID-dokumente. Die afskrifte moet gesertifiseer wees. Die adjunkminister van binnelandse sake Lucia Witbooi sê daarsonder kan die kind nie oorgrens reis nie.