‘Jy het die morele waardes van ‘n straatkat’

Die debat tussen president Joe Biden en sy voorganger Donald Trump oorheers die nuustoneel. Terwyl Biden nie goed gevaar het nie en talle male, tot die diepe kommer van Demokrate, sy ouderdom getoon het, was daar darem hier en daar ‘n staaltjie, soos toe hy aan Trump gesê het hy het die morele waardes van ‘n straatkat.