Jy gaan langer moet wag vir Mission: Impossible 8
Die vrystellingsdatum van die agtste Mission: Impossible-rolprent is met byna ‘n jaar vertraag weens ‘n drie-maande-lange staking deur akteurs. Dead Reckoning: Part One, weer met Tom Cruise in die hoofrol, was oorspronklik geskeduleer vir vrystelling in Junie volgende jaar, maar sal nou eers in Mei 2025 in teaters te sien wees. Die akteurs-vakbond, SAG-AFTRA, het Dinsdag onderhandelings met Hollywood-ateljees hervat nadat hulle die ateljees beskuldig het van boelietaktiek toe gesprekke twee weke gelede ‘n dooiepunt bereik het. Akteurs eis beskerming teen kunsmatige intelligensie en ‘n basiese minimum verhoging van 11-persent.