Dausab lê wysiging van Strafproseswet ter tafel in NV

Die minister van justisie Yvonne Dausab het vandag in die Nasionale Vergadering die Strafproses-wysigingswetsontwerp ter tafel gelê. Tydens die voorlegging het die minister gesê die wetsontwerp het ten doel om die Strafproseswet 51 van 1977 te wysig. Sy sê die huidige wet het verskeie tekortkominge, veral rakende misdaad soos geldwassery en finansiering van terrorisme. Dauseb het bygevoeg dat die Strafproseswet oor die jare aan veranderinge en wysigings onderworpe was weens die invloed van tegnologie. Sy sê dit is noodsaaklik vir die wet om aan te pas en tred te hou met die nuutste tegnologie.