Justisiebegroting is byna N$600 miljoen

Vandag het die minister van justisie Yvonne Dausab ‘n geleentheid gehad om in die Nasionale Vergadering te vra vir die goedkeuring van haar begroting. Die ministerie het ‘n totale begroting van 599,43 miljoen Namibiese dollar en wil sowat 9,77 miljoen aan die Direktoraat Regshervorming toegeken. Die minister het gesê die direktoraat is se taak is om navorsing te doen en aanbevelings te maak vir die hervorming en ontwikkeling van Namibiese wette.