Justisie wil Voogdyfonds outonome entiteit maak

Die justisie-ministerie poog om die Voogdyfonds ter waarde van meer as 2 miljard Namibiese dollar wat binne die ministerie bestuur word, te omskep in ‘n outonome entiteit om die bestuur en doeltreffendheid daarvan te verbeter. Daar word gewerk aan ‘n herstruktureringsvoorstel en kennisgewings van uitdrukking van belangstelling word geloods vir konsultasiedienste om sy bestuur, wetlike raamwerk en finansiële bedrywighede te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die justisie-ministerie se waarnemende hoof skakelbeampte, Edmund Khoaseb, oor hoekom die fonds outonoom moet word.