Justin Timberlake in tjoekie vir dronkbestuur
Die pop-ster Justin Timberlake is aangekla van dronkbestuur. Die polisie in Long Island het die 43-jarige sanger afgetrek en gearresteer nadat hy ʼn restaurant verlaat het waar hy en vriende volgens berigte geëet het. Volgens die Suffolk-distriksprokureur se kantoor is hy later Dinsdag aangekla en vrygelaat. Hy moet weer op 26 Julie in die hof verskyn. Timberlake het bekendheid verwerf as deel van die sanggroep, NSYNC. Hy het in 2002 sy loopbaan as solo-kunstenaar begin. Hy het tien Grammy- en vier Primetime Emmy-toekennings ontvang.