Junior Bokke verwag taai stryd teen Argentinië

Die kaptein van die Junior Springbokke, Paul de Villiers, sê hulle is te volle daarvan bewus dat hulle na die halfeindronde van die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap kan deurdring, indien hulle vanaand ‘n bonuspunt-sege oor Argentinië behaal. Alles is nog moontlik in Poel C waarin Suid-Afrika speel. Al vier die spanne, naamlik Argentinië, Suid-Afrika, Italië en Georgië, kan steeds eerste in die groep eindig en outomaties vir die halfeindronde kwalifiseer. De Villiers sê hulle verwag ‘n taai stryd teen Argentinië:  

Die wedstryd skop vanaand om sewe-uur af in die Athlone Stadion.