Junior Bokke skop Onder-20 kampioenskap teen Kiwi’s af

Rugby: Die Junior-Springbokke speel op 2 Mei teen Nieu-Seeland in die openingswedstryd van die Onder-20-rugbykampioenskap. Die gasheer, Australië, en Argentinië neem ook aan die kompetisie deel. Dit vind plaas oor drie rondes waarin die spanne elk een wedstryd teen mekaar speel. Die Junior Bokke speel op 7 Mei teen Australië en hulle laaste wedstryd is op 12 Mei teen Argentinië. Die uitvoerende hoof van Sanzaar, Brendan Morris, sê die kampioenskap baan die weg vir jonger spelers na senior en internasionale rugby.