Junior Bokke is reg vir Argentinië môre

Die Junior Springbokke se span is versterk met die terugkeer van losskakel Jean Smith vir môre se bepalende kragmeting teen Argentinië in die Wêreldbeker onder 20-kampioenskap. Smith, wat die span se voorste puntemaker in die toernooi is, het in die aanvangswedstryd teen Georgië gespeel, maar Sam Francis het hom in die wedstryd teen Italië vervang. Francis is weens ‘n enkelbesering uit die res van die toernooi. Ethan Hooker, Coetzee le Roux en Hakeem Kunene is ook terug. Afrigter Bafana Nhleko sê die veranderinge is nodig: