Junie 6de warmste in 14 jaar
Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die afgelope Junie was die sesde warmste Junie op rekord in die afgelope 14 jaar. Die noordwestelike dele van die land het die warmste gekry met die sentrale gebied die koudste. Die diens sê wanneer die weerpatrone in ag geneem word wil dit voorkom asof Augustus, September en Oktober bogemiddelde temperature sal lewer, veral in die noordooste, die sentrale noorde en die kusgebiede.