Julius sê EFF wil alle Afrikane beskerm
Die EFF-leier, Julius Malema sê die party wil alle Afrikane beskerm en wil vrede en stabiliteit in Suid-Afrika hê. Hy het ‘n party-handves-vergadering in Lenasia, Johannesburg, toegespreek. Malema sê die EFF is in ‘n aggressiewe fase om met alle Suid-Afrikaners in alle uithoeke van die land te praat en hulle sal nie enige steen onaangeroer laat nie.