Judges Matter verwelkom Dire Tladi se aanstelling by Internasionale Geregshof

Judges Matter is baie ingenome met die aanstelling van Dire Tladi as die eerste permanente regter uit Suid-Afrika by die Internasionale Geregshof. Die navorsings- en voorspraakbeampte van Judges Matter, Mbekezeli Benjamin, is baie trots op Tladi se aanstelling en wys op die belangrikheid daarvan vir Suid-Afrika. Tladi is in November verlede jaar verkies deur die Algemene Vergadering en Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies en is vandag beëdig vir ‘n termyn van nege jaar.