Jozi-beampte vasgetrek oor vragmotorkaping

Die Johannesburgse burgemeester, Kabelo Gwamanda, sê die Johannesburgse metropolisie-leierskap sal optree teen ‘n beampte wat vir vragmotorkaping in hegtenis geneem is. Die beampte was onder 12 verdagtes wat op die N12 in Benoni aangekeer is op aanklagte van onder meer vragmotorkaping, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, gekaapte voertuie en motor-oopsluit toestelle. Gwamanda beloof ‘n vinnige oplossing vir hierdie skending van integriteit en beweer daar is beslis geen verdraagsaamheid vir sulke optrede binne die metropolisie se geledere nie. Die woordvoerder, Khanyisile Mfaba, sê die beampte se lot sal bekend gemaak word nadat hy in die hof verskyn het.