Jou skoolkind en daggakoekies

Die Namibiese polisie maan leerders en ouers teen daggakoekies wat by skole of op straat verkoop word. Daggakoekies kom in verskillende vorms en in sjokolade- en vanieljegeure voor om jeugdige klante te lok. Dit lyk soos enige ander koekies en daggakoekies kan nie sommer uitgeken word nie. Die jeug en hoërskoolleerders is die hoofteikens. Nampol-woordvoerder hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê aan Kosmos 94.1 Nuus verdagtes teiken die jeug en hoërskoolleerders.