Jou Gen Z telge sal mooi na jou kan kyk

Generasie Z, of Gen Z – diegene wat tussen 1997 en 2012 gebore is – sal binnekort die rykste generasie ooit word. Volgens die “Spend Z”-verslag van NielsenIQ sal Gen Z die vinnigste groei in bestedingskrag ooit hê. Dit sal ‘n geraamde 12 triljoen Amerikaanse dollar teen 2030 bereik en babyboomer-besteding teen 2029 verbysteek. Die NielsenIQ-bevindinge beraam dat Gen Z se per capita besteding sal groei teen 4,02 persent per jaar oor die volgende dekade, presies twee keer die spoed van vorige generasies.