Joslin Smith-verdwyningsaak uitgestel tot 15 Julie
Die saak van die vermiste Joslin Smith is in die landdroshof in Vredenburg in die Wes-Kaap uitgestel tot 15 Julie. Die beskuldigdes, naamlik die dogtertjie se ma, Kelly, haar vriend en nog twee mense, het vanoggend weer in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding. Die staat noem voortgesette ondersoeke, wat selfoon- en forensiese data-ontleding insluit. Die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die sesjarige meisie is nou reeds 84 dae weg en die staat moet ‘n sterk saak voorlê.