Jordanië staan Gaza geamputeerdes by

Jordanië se weermag het mobiele klinieke in Gaza opgerig om geamputeerdes te help en sodoende hulp aan 14 000 mense te bied. Dit is deel van die Restoring Hope-inisiatief wat kunsledemate aan oorlogslagoffers verskaf. Jordanië se Koninklike Mediese Dienste sê hy het opgetree weens die onvermoë van hospitale in die gebied om die skerp toename in gevalle, insluitend kinders, met geamputeerde ledemate te hanteer. Die spanne kan vyf tot tien gevalle op ‘n keer hanteer.